BÊREMENGSEL OM SOUSE TE VERDIK
- 3 pakkies bruin uiesoppoeier
- 3 pakkies sampioensoppoeier
- 3 pakkies tamatiesoppoeier
Meng die soppoeiers in ‘n groot bak tot goed gemeng.
Bêre die mengsel in lugdigte houers en gebruik dit om vloeistof dikker te maak by bredies of net ‘n sous aan te maak op sy eie.
Ek neem 1 teelepel grofgemaalde swartpeper met 2 eetlepels van die souspoeiermengsel en 200 g sampioene in skywe gesny en maak ‘n sous soos jy witsous of sampioensous sal maak en bedien dit saam met steak.
Resep en foto: Francis Schoeman