Your Recipe Blog

BÊRE-RESEP VIR PLAATKOEKIES EN WAFELS

Recipe by
| Servings: 14 plaatkoekies

BÊRE-RESEP VIR PLAATKOEKIES EN WAFELS

“My man se bêre-resep. Die foto wys ‘n dubbelplaatkoekie “toebroodjie” wat gemaak is met botterversiersel tussenin as vulsel. Die resep lewer ± 14 plaatkoekies. Beproef deur internasionale hotelle.”

  • Meelmengsel:
  • 6 koppies koekmeel
  • 9 teelepels bakpoeier, gelyk geskraap
  • 2 teelepels sout, gelyk geskraap
  • ½ koppie suiker
  • Plaatkoekies:
  • 1 koppie meelmengsel
  • 1 koppie melk
  • 1 eier
  • ¼ koppie olie
  • Wafels:
  • 1 koppie meelmengsel
  • ¾ koppie melk
  • 1 eier
  • ¼ koppie olie

Meelmengsel: Plaas die mengsel in ‘n seëlbare houer vir latere gebruik, soos benodig.

Plaatkoekies:
Klits die melk en die eier saam in ‘n mengbak. Klits die olie by. Meng met die meelmengsel totdat jy ‘n gladde deeg het.
Bedek die panoppervlakte met ekstra olie, laat warm word en bak lepelsvol op matige hitte op die stoofplaat. Wanneer daar blasies verskyn op die porsie se boonste oppervlakte, draai die plaatkoekie om met ‘n eierspaan.

Wafels:
Gebruik dieselfde metode as vir die plaatkoekies, met die verminderde hoeveelheid melk.

Resep en foto: Elsie de Winnaar

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page