Your Recipe Blog

BEKERTJIE MALVA NAGEREG

BEKERTJIE MALVA NAGEREG

  • 250 ml koekmeel
  • 30 ml botter
  • 250 ml melk
  • 7 ml koeksoda
  • 2 eiers, geklits
  • 25 ml fyn appelkooskonfyt
  • 15 ml suurlemoensap

Verhit oond tot 180°C.
Vryf botter in meel tot dit soos broodkrummels lyk.
Meng melk met koeksoda.
Voeg al die ander bestanddele by (nie meelmengsel) en meng goed.
Maak holte in meelmengsel en gooi melkmengsel in en roer goed.
Mengsel is BAIE loperig.
Spuit 4 blikbekers met kleefwerende kossproei.
Gooi mengsel in bekertjies.
Plaas bekertjies op ‘n bakplaat en bak vir ongeveer 45 minute. Toets met ‘n pennetjie om seker te maak dat dit gaar is.
Laat afkoel vir 10 minute.

  • Sous:
  • 250 ml room
  • 250 ml suiker (kan minder ook wees)
  • 1 eier, geklits

Meng alles en giet oor afgekoelde nagereg.
Bak verder vir 10 tot 20 minute in matige oond tot sous dik word.

Nota:
Op die kampvuur: Bak in jou platboompot met klein bietjie water in en met die deksel op tot gaar.

Foto: Ingrid Malan Kitshoff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page