Your Recipe Blog

BABA BEETSLAAI EN HOENDERSTUKKIES

Recipe by
| Servings: 4-6

BABA BEETSLAAI EN HOENDERSTUKKIES

  • 1 pakkie heel bababeet
  • 1 pakkie baba spinasie
  • ½ pynappel, opgesny in blokkies
  • ¼ komkommer (verwyder sagte vleis) en sny in blokkies
  • 1 klein pakkie gemengde neute
  • 3 balletjies mozzarella, in kwarte gesny
  • 1 dik sny cheddar kaas, in blokkies gesny
  • 1 swartpeper fetawiel, opgesny in blokkies
  • balsamiese asyn vir opdiening

Kook die beet tot sag en skil af (dit kan ook in die oond gebak word). Laat afkoel.
Pak die spinasie en beet in ‘n mooi bord en vul die oop spasies met die kaas, komkommer en pynappel.
Strooi die neute oor.
Voeg die balsamiese asyn net voor bediening by.

  • Hoenderstukkies:
  • 4 hoenderfillette
  • speserye na smaak
  • sout na smaak
  • 1 teelepel mosterd
  • 1 teelepel fyn songedroogde tamaties
  • 1 eetlepel sesamesaad
  • ½ koppie uieblatjang

Sny die hoenderfillette in stukke en voeg die speserye by.
Braai die hoender in bietjie olyfolie en voeg die blatjang by. Roerbraai tot gaar.
Geniet saam ‘n lekker glas koue wit wyn.

Resep en foto:  Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page