Your Recipe Blog

BEETSLAAI-KERRIE BEETBLATJANG

BEETSLAAI-KERRIE BEETBLATJANG

Ek weet nie hoekom hulle dit beetblatjang noem nie, want dis eintlik net baie lekker ingelegde beet. So moenie dat die naam jou confuse nie, dit is nie ‘n chutney nie.

  • 6 – 8 koppies gaar beet, in blokkies gesny of gerasper
  • 2 uie, gekap
  • 2 koppies suiker
  • 2 koppies asyn
  • 3 eetlepels Maizena (maak aan met bietjie lou water)
  • 1 eetlepel matige kerriepoeier
  • 1 teelepel sout
  • Opsioneel:  ½ koppie sweet chillisous

Meng suiker en asyn, kook matig en roer tot suiker opgelos het.
Voeg uie en beet by en kook vir 10 minute.
Sit kerrie, “sweet chillisous” en sout by en kook 5 min, sit die aangemaakte Maizena by en kook net deur.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

Nota:
Rina Kleinhans:
Ek sit die sweet chilli sous in vir ‘n lekker ekstra smakie, dit maak regtig ‘n verskil en gee so effense “byt”.
Ook geen sous wat in die bord rondloop nie, sien foto 2
Louise Groenewald:
Ek het dit ook gister gemaak. Ek het ook die sweet chilli bygesit. Ek het 4 groot potte en 3 kleintjies op 3 kg beet uitgekry. Mens wonder mos altyd “hoeveel gaan jy uitkry”.
Marié Fourie:
Ek het 5 kg beet gekook en 17 botteltjies uit gekry soos op die foto.

BRON: (Tannie Sarie Kleu Kareedouw)
Resep aangepas deur Rina Kleinhans
Foto’s:  Marié Fourie

2 Reviews

  1. Anna marie

    Kerrie blatjang

    Star
  2. Annemarie

    Ek dit gister gemaak en dit proe Baie goed. Sal dit van nou af maak

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page