Your Recipe Blog

BEET-, PEER- EN BLOUKAASSLAAI

BEET-, PEER- EN BLOUKAASSLAAI

  • 1 pak roketblare
  • klein beetjies (ek het ‘n bottel ingemaakte klein beetjies gekoop)
  • 2 pere
  • steranys
  • 2 naeltjies
  • 1 sagte bloukaas
  • 125 ml okkerneute
  • 1 pakkie mikroslaai
  • sout en swartpeper
  • balsamiese asyn reduksie

Kook die pere in rooiwyn met steranys en 2 naeltjies tot dit sag en rooi is, maar nie pap nie.
Rooster die neute vir ‘n paar minute in ‘n droë pan.
Plaas die roketblare in ‘n mooi slaaibak.
Sny die pere in skywe.
Rangskik die pere, beet en neute op die roketblare.
Breek die bloukaas oor.
Strooi sout en peper na smaak oor.
Plaas laaste die mikroslaai op en besprinkel met die balsamiese asyn reduksie.

Resep en foto: Deonette Ackerman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page