BEET EN WORTEL SMOOTHIE
Ons ontbyt vele oggende.
- 1 redelike groot beet
- 1 groot wortel
- 1 geel perske
- 2 vars pruime
- papaja na smaak, ongeveer 1 koppie, opgesny
- 1 lekker dik sny suurlemoen
- stukkie vars gemmer
- 1 klein bakkie jogurt – bulgaars of gegeur
- ongeveer 30 ml Low Cal koeldrank
Plaas al die bestanddele in die “blender” buiten die jogurt en koeldrank, sit aan en laat loop tot alles mooi fyn is.
Sit die jogurt en “Low Cal” koeldrank by en bietjie water, laat die “blender” loop en as dit te dik is sit nog water by tot die dikte reg is.
Sit sommer so paar blokkies ys ook in dan is hy heerlik koud.
Laat “blender” loop tot alles lekker fyn en glad is.
Bedien in ‘n mooi glas en geniet.
Nota:
Met so glas vol raak mens nie gou honger nie. Dit is vir ons baie lekker en ek gebruik maar vrugte wat ek het, maar die beet en wortel sit ek altyd in.
Ek sit ook murgpampoentjie en spinasie by as ek het.
Resep en foto: Rina Kleinhans