Your Recipe Blog

BEET EN PERSKE SLAAI

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 3 flesse

BEET EN PERSKE SLAAI

Hierdie is ‘n heerlike slaai en lyk pragtig op die tafel vir kleur.

  • 3 – 4 bossies beet (ongeveer 12 bete, gekook en geskil)
  • 1 x 410 g-blik perskeskywe, gedreineer
  • 1 ui, fyngekap
  • 125 ml water
  • 125 ml asyn
  • ongeveer 200 ml suiker
  • sout en peper na smaak
  • 4 heel peperkorrels
  • 4 lourierblare
  • 6 wonderpeperkorrels
  • 4 – 6 naeltjies
  • 2 ml fyn gemmer
  • 2 ml mosterdpoeier

Sny die beet en perskeskywe in blokkies en meng met die ui.
Meng die oorblywende bestanddele en voeg by.
Laat oornag of 3 – 4 dae in die yskas staan, indien moontlik!

Nota:
Ek het vars geelperskes in skyfies gesny en bedruip met olyfolie en in die oond gebak tot sag en dit in die slaai gebruik.  Garneer met roket.

Resep:   Hanna Botha
Foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page