BEET- EN DRUIWESLAAI
- 1 bossie beet – gekook, geskil en in mondvol stukkies gesny
- 1 bakkie groen druiwe
- 1 wiggie bloukaas, gekrummel (of Feta indien verkies)
- 2 handevol roketblare
- balsamiesec reduksiesous, na smaak
Rangskik alles op ‘n mooi slaaibord of slaaibak. Laat elke persoon self die balsamiese sous opsit nadat hulle opgeskep het.
Resep en foto: Annalize Hattingh
Category: