Your Recipe Blog

BEET- EN BOKMELKKAAS TERRIEN

Recipe by
| Servings: 2 klein porsies

BEET- EN BOKMELKKAAS TERRIEN

Hierdie is voorwaar ‘n wenner voorgereg of ligte “snack” wat pragtige vertoon en heerlike smaak.

  • 1 groot beet, gekook in bietjie sout water tot net sag en heeltemal afgekoel
  • 100 g gewone bokmelkkaas, sagte soort
  • 2 – 3 repe gerookte spek (bacon), opgesny
  • 2 teelepels gerasperde ui
  • 1 hoogvol teelepel gelatien opgelos in 30 ml koue water
  • 2 teelepels fyn gekapte knoffel sprietuie
  • 1 teelepel fyn gekapte vars pietersielie
  • knypie rooipeper
  • vars gemaalde swartpeper, na smaak

Braai die opgesnyde spek in ‘n pan tot net gaar.
Plaas die spek, knoffel sprietuie, ui en pietersielie in ‘n voedselverwerker en maak dit heeltemal fyn.
Sit die kaas in ‘n mengbak en druk dit fyn met ‘n vurk, meng tot glad.
Plaas die gelatine en water vir 8 sekondes in die mikrogolf, roer goed en meng dit by die kaas in.
Wanneer die kaas en gelatien goed gemeng is, voeg die spekmengsel by en meng deur.
Voeg die rooi- en swartpeper laastens by en meng.
Neem ‘n klein glas bakkie of twee ramekin bakkies en voer dit uit met kleefplastiek.
Sny die beet in baie dun, heel skywe en plaas een skyf beet onder in die bakkie bo-op die kleefplastiek.
Plaas die ander skyfies teen die kant van die bakkie, reg in die rondte, maar hou 2 heel skywe uit vir ‘n deksel bo op die vulsel.
Skep die bokmelkkaasvulsel binne in die beet bakkie en plaas laastens die dun skyf beet soos ‘n deksel op die vulsel en vou die kleefplastiek toe oor die terrien.
Plaas die toegevoude terrien in die bakkie in die yskas vir tenmiste 12 ure.
Lig die vorm uit die bakkie met die kleefplastiek of keer dit uit op die bord waarin jy dit gaan bedien en verwyder die kleefplastiek.
Versier die terrien met roket en heel groenvy gevul met room, drup bietjie van die vye stroop oor en bedien met beskuitjies van jou keuse.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page