Your Recipe Blog

BEET- EN AMANDELSLAAI

BEET- EN AMANDELSLAAI

  • 1 groot bottel gerasperde beet (gekoop)
  • 3 fetakaaswiele
  • 2 blikkies pere
  • 2 koppies heel amandels
  • ½ koppie water
  • 1 koppie suiker
  • 1½ teelepel kaneel
  • swartpeper

Meng die water, suiker en kaneel saam in ‘n pot.
Kook mengsel oor matige hitte.
Wanneer die mengsel kookpunt bereik, voeg die heel amandels by.
Kook en roer die mengsel totdat die vloeistof weg gekook het en ‘n stroop wat om die amandels kleef oor is in die pot.
Skep die amandels uit op ‘n bakplaat en skei hul van mekaar met ‘n vurk sodat hulle los is vanmekaar.
Laat die amandels afkoel/droog word.
Skep die gebottelde beet in ‘n slaaibak (giet omtrent helfte van die vloeistof af)
Sny geblikte pere in blokkies en voeg by die beet.
Sny fetakaas in blokkies en voeg by beet.
Sprinkel gemaalde swartpeper oor na smaak.
Meng die slaai goed saam.
Sprinkel die amandels bo-op die slaai.
Meng amandels deur die slaai net voor etenstyd.
Nota:
Ek het nie AL die amandels in die slaai gegooi nie.

Foto en resep: Natania Malan

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page