BEET- BOTTERSKORSIE- EN KEKERERTJIEDOOPSOUS
Resep en foto: René Mouton
- 3 groot bete, geskil en opgesny
- 1 klein botterskorsie, geskil en opgesny
- 1 blikkie kekerertjies met vloeistof
- sout en peper
- Italiaanse kruie
- ½ teelepel knoffelsout
- olyfolie
- Bak die beet en botterskorsie in oond met bietjie olyfolie tot sag.
- Verwerk gaar groente en kekerertjies in ‘n voedserverwerker.
- Geniet saam met knoffel naanbrood.
Nota:
Kan knoffel byvoeg na smaak.
Category:












