BEESVLEISPOT
- ongeveer 1 kg beesvleis
- 1 ui, fyn gekap
- 1 eetlepel knoffelvlokkies
- “6 guns spice”
- 1 koppie water
- 3 opgesnyde aartappels
- 1 pakkie sampioene
- 1 bakkie room (250 ml)
- 1 pakkie beesstert soppoeier gemeng met 1 koppie water
Braai ui tot gaar.
Voeg die knoffelvlokkies by en braai verder.
Voeg die vleis by en braai sonder deksel tot bruin is en geur met die 6 guns spice na smaak.
Voeg die koppie water by en sit deksel op.
Sodra die vleis begin sag raak, voeg die aartappelstukkies by en maak deksel toe.
As die aartappels begin sag raak, voeg die sampioene by en roer deur dat alles mooi meng.
As die sampioene begin gaar raak, voeg die room by en laat pot prut tot dit kook.
Maak die beesstert soppoeier aan en voeg by die pot.
Haal deksel af laat die soppoeier mooi gaar kook en verdik.
Skep op en geniet.
Resep en foto: Dawie Rontgen