BEESVLEISKERRIE
- 2 kg beesstowevleis, in blokkies gesny, ek het beesrib gebruik
- 2 groot uie, gekap
- 3 knoffeltoontjies, gekap
- ½ groen soetrissie, gekap
- 30 ml olie
- 4 wortels, in blokkies gesny
- 15 ml fyn sout
- 5 ml swartpeper
- 12 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 12 ml suiker
- 50 ml perskeblatjang
- 30 ml bruin druiweasyn
- 800 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
- water, om vleis mee te bedek
Braai die vleis in die olie tot bruin en skep dit uit.
Braai die uie, knoffel en groen soetrissie in dieselfde pot tot sag en deurskynend.
Voeg die speserye by en braai vir ‘n minuut of twee.
Voeg die blatjang, vleis, wortels, asyn, aartappels en water by en laat kook vir 1½ uur tot die vleis sag is.
Kook tot die sous dik en geurig is. Sit voor op rys.
Nota:
Ek het sultana blatjang by dit bedien, jy kan ook kerriegroenboontjies bedien.
Resep getoets en foto: Louisa Hollenbach