Your Recipe Blog

BEESVLEISKERRIE MET PYNAPPEL

BEESVLEISKERRIE MET PYNAPPEL

  • ± 1 kg beesstowevleis
  • 1 medium soet pynappel, geskil en in blokkies gesny
  • 1 groot ui (ek het ‘n rooi een gebruik), opgekerf
  • 3 sprietuie (spring onions), opgekerf
  • 3 sagte babaskorsies
  • ¼ koolkop, opgekerf
  • 3 medium aartappels, in blokkies gesny (ek verkies Mondial en het met skil en al bygevoeg)
  • 1 eetlepel gedroogde knoffelvlokkies
  • sout en peper na smaak
  • 2 eetlepels medium Rajah kerriepoeier (gooi meer of minder soos jy jou kerrie geniet)
  • 1 pakkie bees en uiesoppoeier, met bietjie koue water aangemaak

Kook die beesvleis in water met sout tot sag ongeveer 1½ tot 2 ure in gewone pot op elektriese stoof.
Voeg die res van bestanddele, behalwe die soppoeier by.
Kook tot die groente sag maar steeds ferm is.
Voeg die aangemaakte soppoeier by en roer liggies deur.
Prut oor lae hitte vir paar minute en hou dop dat dit nie brand nie.
Laat ‘n rukkie staan sodat die geure kan “trou”.
Bedien saam met roosterbrood en botter of oor rys of stampkoring.

Resep en foto’s:  Christelle van Rooyen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page