BEESVLEISBREDIE
- 200 g spekvleis, gekap
- 1.2 kg stowebeesvleis, in blokkies gesny
- 2 uie, gekap
- 3 wortels, in stukke gesny
- 2 koffel huisies, fyngedruk
- 200 ml beesvleisaftreksel
- 10 0ml droë rooiwyn
- 3 tamaties, ontvel en gekap
- 20 ml vars pietersielie, gekap
- 15 ml vars tiemie, gekap
- 1 lourierblaar
- 5 heel naeltjies
- sout en peper na smaak
- 2 tot 3 aartappels, in stukke gesny
Braai die spekvleis in ‘n verhitte swaarboompot tot gaar.
Skep uit en hou eenkant.
Braai die uie tot glaserige, voeg die vleisblokkies by en braai tot bruin.
Voeg knoffel by en roer vir 1 minute.
Voeg die aftreksel, wyn en tamaties by die vleis.
Voeg die geurmiddels en gebraaide spekvleis by en verlaag hitte.
Prut tot vleis sag is.
Voeg wortels en aartappels by so 20 – 30 minute voor opdiening.
Bedien saam met rys.
Resep en foto: Amanda Austen