Your Recipe Blog

BEESVLEISBREDIE IN DIE DRUK POT

BEESVLEISBREDIE IN DIE DRUK POT

  • 1 kg bees dikrib, bene, vet en senings verwyder en in blokkies gesny
  • 3 eetlepels olyf olie
  • sout en peper na smaak
  • 1 groot ui, in blokkies gesny
  • 2 knoffel huisies, fyngekap of 1 teelepel fyn gekapte knoffel
  • 3 medium aartappels, in kwarte gesny
  • 2 wortels, in blokkies gesny
  • 1 “beef stock” blokkie, opgelos in 250 ml kookwater
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 2 lourierblare
  • 1 teelepel gedroogde tiemie (thyme)
  • 1 koppie “All Joy tomato and herb” pasta sous

Sit die druk pot op “saute” en sit 1 eetlepel olyf olie in die pot, laat die olie warm word.
Plaas van die vleis in die pot en laat dit braai. Braai die vleis, nie te veel op ‘n slag nie, tot bruin.
Geur met sout en peper na smaak.
Laat die vleis bruin word aan albei kante en haal uit die pot uit.
Verwyder al die vleis uit die pot en sit in ‘n bakkie eenkant.

Plaas die gekapte ui in die pot met nog 1 eetlepel olie en braai tot deurskynend.
Voeg die knoffel by en braai nog so 30 sekondes.
Giet die opgeloste sousblokkie by en “deglaze” die pot. (Skraap al die bruin stukkies van die bodem af maar moenie verwyder nie (dit het baie geur)

Plaas die aartappels, wortels, Worcestersous, loerierblaas en tiemie in die pot.
Sit ook die vleis terug in die pot saam met die vleis sappe wat in die bakkie is. Roer alles goed saam.
Sit die koppie All Joy Pasta sous by, maar moenie roer nie. Maak die pot toe en stoom vir 30 – 35 minute.

Nota:
Maak pot oop en verdik sous met bietjie Maizena of Bisto. Ek het nie nodig gehad om myne te verdik nie, maar as die sous nog nie dik is nie, kan dit so verdik word.
Ek het die bredie bedien met rys, soet pampoen en groen boontjies wat ek fyngemaak het met ‘n hand blender.

Resep en foto: Juanita Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page