Your Recipe Blog

BEESVLEIS VIR BREDIE EN PASTEIE

BEESVLEIS VIR BREDIE EN PASTEIE

So hierdie resep is vir almal wat met ‘n bietjie goedkoop (enige) vleis, ‘n paar etes wil maak, veral om te vries. Ek het tenderised steak gekoop en dit eers in my drukpot in ‘n bredie verander, en toe die volgende dag die basis bredie aangepas vir ‘n aandete vir 4, asook 6 pasteie vir ‘n ander dag. Dalk inspirasie vir die laaste besige kwartaal van die jaar – en ‘n randrekker ook!

  • BASIESE VLEISBREDIE
  • 600 g tenderised steak
  • 5 ml olie
  • 1 groot ui, in blokkies gesny
  • 1 liter water
  • 20 ml Worcestershire sous
  • 1 beesvleisblokkie
  • 5 ml tiemie
  • sout en peper na smaak
  • 3 wortels, in blokkies gesny
  • 1 groot aartappel, in blokkies gesny
  • 2 eetlepels Bisto
  • 3 eetlepels Maizena

Braai vleis in drukpot of gewone pot tot bruin. Voeg uie by en braai 5 min. Voeg water, beesblokkie, Worcestershire sous, tiemie, sout en peper by en stel op drukkook vir 35 min (of kook normaal tot sag).
Dkep 500 ml van die sous af, (vries vir ‘n ander dag). Sny die vleis fyn en skep terug in die oorblywende sous.
Voeg wortels en aartappels by en kook tot net sag.
Verdik met Bisto en Maizena, aangemaak met 100 ml water, en laat opkook.
Skep uit en verkoel in yskas oornag.

Ete 1:

  • Beesvleis en broccoli bredie
  • 1 ui, gekap
  • 5 ml olie
  • 1 koppie broccoli, in blommetjies gesny
  • 200 ml water
  • ½ beesvleisblokkie
  • helfte van die vleismengsel

Braai ui in olie tot deurskynend. Voeg broccoli, water en vleisblokkie by en kook tot broccoli net sag is.
Roer gaar vleismengsel deur, kook so 5 minute en bedien met rys.

Ete 2:

  • Beesvleis pasteie
  • 3 reghoekige velle skilferkorsdeeg
  • ander helfte van beesvleisbredie

Sny elke vierkant deeg in die helfte. Verdeel die vleismegsel in 6 en skep op die helfte van die gehalfeerde deeg. Vou die deeg oor, seël met ‘n vurk aan drie kante. Pak op ‘n skinkbord en vries oop tot hard.
Plaas dan die pasteie in vriessakkies (2-3 per sakkie) en vries vir latere gebruik.
Ontvries in yskas, verf met mayonnaise en bak by 200°C tot goudbruin.

Resepte en foto’s: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page