BEESVLEIS SKENE IN DIE PRUTPOT
(Beef shins in the slow cooker)
- 4 beesvleis skene (beef shins – ongeveer 2 kg)
- 1 pakkie “Oxtail and vegetable stew mix” (droë poeier)
- Sous:
- 62,5 ml tamatiesous
- 62,5 ml blatjang
- 62,5 ml rooiwyn
- 50 ml Coke
- 1 opgehoopte eetlepel (± 25 g) bruin uiesoppoeier
Spoel die vleis af en druk droog met handdoek papier, prik altwee kante van die “shins” redelik diep met ‘n vurk, vryf dan alkante in met die “stew mix” en laat oornag in die yskas staan.
Meng al die bestanddele vir die sous deeglik.
Bedek bodem van prutpot met van die sous, plaas die vleis in die pot, en giet die res van die sous oor die vleis.
Strooi sout en peper na smaak, onthou net die soppoeier het ook sout in.
Ek het ook knoffel sout oorgestrooi.
Plaas deksel op en bedek met vadoek.
Kook op hoog vir 5 ure, verwyder daarna die vadoek en kook vir 2 ure op laag.
Die vleis is nou nie “sticky” nie, maar dit is murg sag en val van die been af.
Resep en foto: Cornelia Walkinshaw Bosman