Your Recipe Blog

BEESVLEIS- OF LAMSKERRIE VIR BUNNY CHOWS

BEESVLEIS- OF LAMSKERRIE VIR BUNNY CHOWS

  • 500 ml “beef / mutton stock”
  • 4 eetlepels kookolie
  • 3 uie, geskil en fyngekap
  • 1 kg bees kookvleis (skaap of lam)
  • 3 eetlepels fyngekapte knoffel of droë knoffelvlokkies
  • 1 eetlepel fyn gemmer of vars gemmerwortel, gerasper
  • sout na smaak
  • 1 teelepel borrie
  • 3 eetlepels Cartwright “Mild and Spicy” kerriepoeier
  • 1 teelepel komyn
  • 1 teelepel neutmuskaat
  • 2 staranys, opsioneel
  • 30 ml tamatiepaste of tamatiesous
  • 15 ml asyn of suurlemoensap
  • 15 ml appelkooskonfyt of suiker
  • 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 5 tamaties, ontvel en in blokkies gesny of ‘n blikkie diced tamatie
  • 5 wortels, geskil en in 2 cm ringe gesny of 6 baba wortels, gehalveer
  • sout

Verhit die olie in ‘n groot kastrol, braai die uie, kerrie, ster anys en speserye tot goudbruin plus minus vir 2 minute.
Voeg die vleis, knoffel en gemmer by en laat prut oor matige hitte tot die vleis ’n bruinerige kleur kry.
Meng asyn en appelkooskonfyt en voeg by vleis.
Voeg twee koppies “beef stock” en tamaties by en laat prut tot die meeste van die water weggekook is.
Voeg die sout by en laat prut.
Voeg die aartappels, wortels en twee koppies water by en laat prut tot die aartappels sag is. Roer af en toe.
Voeg die tamatiepaste of tamatiesous by en roer.
Kook tot groente gaar is.
Dien op soos verkies.
Besprinkel met vars koljander en sit voor met rys, roti of skep KERRIE in uitgeholde halwe of kwart brood en sambals.

Resep en foto’s: Heleen Brümmer Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page