Your Recipe Blog

BEESVLEIS KAMPBREDIE

BEESVLEIS KAMPBREDIE

  • 45 ml olie
  • 1 kg beesvleisblokkies
  • 200 g spek, opgesny
  • ½ blikkie heel tamaties (410g), opgesny
  • 125 ml droë rooiwyn
  • 200 ml tamatiesous
  • 5 ml paprika
  • 15 ml droë gemengde kruie
  • 20 ml suiker
  • Worcestersous na smaak
  • 1 blokkie biefstok, opgelos in 250 ml kookwater
  • sout en peper
  • 2 aartappels, in blokkies gesny en opsioneel

Verhit die olie en braai die beesvleisblokkies bietjie vir bietjie tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
Braai die uie en spek in die res van die olie tot gaar.
Voeg die tamaties, vleisblokkies, rooiwyn en tamatiesous by en geur met paprika, gemengde kruie, suiker, Worcestersous,sout en peper na smaak. Meng deur, voeg die biefstok by en laat prut vleis tot sag.
Roer af en toe.
Voeg die aartappelblokkies by so 30 min voor die vleis sag is. (opsioneel).
Bedien saam met rys.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page