Your Recipe Blog

BEESVLEIS EN ROOIWYN PASTEI

BEESVLEIS EN ROOIWYN PASTEI

  • Vulsel:
  • 700 g bredie beesvleis
  • 1 opgekapte ui
  • 250 g sampioenskyfies, in botter gebraai
  • 4 kruienaeltjies
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 2 eetlepel tamatiesous
  • 1 teelepel droë tiemie
  • 150 ml rooiwyn
  • 2 lourierblare
  • sout en peper na smaak
  • 2 eetlepels Bisto
  • Kors:
  • 4 eetlepels koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ‘n knippie sout
  • 2 eetlepels botter
  • 1 koppie melk
  • 1 liggies geklitste eier

Kook bredievleis saam met uie, sout en peper en kruienaeltjies tot so sag dat dit van bene afval.  Ek stoom dit gewoonlik vir ten minste 45 minute.  Haal die vleis van die bene af en breek dit in stukkies.   Haal die uie uit die sous met ‘n dreineringslepel en sit dit by die fyngemaakte vleis.  Hou bietjie van die vleissous in die pot en plaas die vleis en uie terug.  Bring tot kookpunt en voeg ongeveer 150 ml rooiwyn by.
Bring weer tot kookpunt en voeg die Worcestersous, tamatiesous, tiemie, sout en peper by.  Laat prut totdat die vloeistof met helfte verminder het en voeg gekerfde sampioene wat vooraf liggies in botter gebraai is by.  Verdik nou die sous met 2 eetlepels Bisto gemeng in ‘n klein bietjie koue water en plaas oor in pasteibak.

Kors:
Sif die meelblom, bakpoeier en ‘n knippie sout saam.
Vryf 2 eetlepels botter daarby in met die vingerpunte of gebruik ‘n voedselverwerker.
Voeg die melk en eier by en klits tot ‘n slap beslag.
Giet dit oor die warm vleis in die oondbak en bak ongeveer 15 minute by 200ºC of tot goudbruin.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page