Your Recipe Blog

BEESVLEIS- EN KOFFIEPOT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 4-5 ure | Servings: 15 - 20 porsies

BEESVLEIS- EN KOFFIEPOT

Op die 24ste September 2022 terwyl ons in die Kalahari op Bray met vakansie was het ons aan ‘n potjiekos kompetisie deelgeneem en toe uit 17 potte, met die wenpot weg gestap. Ons moes ‘n pot maak vir 15 – 20 mense en het besluit op hierdie resep wat ek aangepas het. Dit was werklik ‘n wenner pot en wanneer julle vir klomp mense moet pot maak, bederf hulle gerus met hierdie een. Onthou maar altyd ‘n pot moet mens maar aanpas na smaak, maar ek gee die resep soos ons hom gemaak het.

  • 5 kg beesvleisblokkies (ongeveer 5 cm by 5 cm groot gesny)
  • ½ bottle olyfolie
  • 12 groot wortel, blokkies gesny
  • 10 groot uie, blokkies gesny
  • 10 groot aartappels in 4 gesny
  • 4 bakkies klein mielietjies
  • 1 hele bossie seldery, gekap saam met die blare
  • 7 koppies rooiwyn
  • 1 bottel Muskadel
  • 2 koppies Coke
  • 4 koppie sterk swart koffie (4 koppies water met 6 hoogvol teelepels sterk koffie)
  • 5 koppies beesvleisaftreksel (12 blokkies)
  • sout en peper
  • 5 lourierblare
  • 5 takkies roosmaryn (ekstra vir bediening)
  • 3 teelepels tiemie
  • 250 ml room
  • 3 hoogvol eetlepels Maizena

Kook die wortels en aartappels apart voor die tyd dat dit net begin sag word maar nie gaar nie, want dit gaan weer in die potjie ook kook en jy wil dit nie pap hê nie.
Verbruin vleis in bietjie van die olie, haal die vleis uit en hou eenkant.
Verbruin die uie en seldery in die pot en sit bietjie ekstra olie by indien nodig.
Voeg die rooiwyn in pot by die uie en kook vinnig vir 10 minute.
Voeg die aftreksel, koffie, Muskadel en beesvleisblokkie by. Geur met sout, peper, en kruie.
Verlaag die temperatuur en kook vir ongeveer 4 ure of tot die vleis sag en die vloeistof redelik afgekook het.
Voeg die Coke by en kook tot die vleis heeltemal sag is.
Roer die pot vir die laaste keer goed deur en pak die wortel, aartappels en mielietjies bo-op.
Druk effens in die sous in en laat kook met deksel op tot die groente gaar is met die deksel skuin op sodat die sous kan verdik.
Toets vir sout en peper en pas aan indien nodig.
Meng die room met die maizena en voeg by die pot sonder om die groente onder toe te roer.
Dit help dat jou groente se kleur mooi bly en dat jy makliker kan opskep.
Laat net stadig prut vir 15 min tot die sous lekker verdik het.
Nota:
Hang af hoeveel vloeistof nog in die pot is en hoe dik jy die sous wil he, so pas die Maizena daarvolgens aan.
Wanneer jy die roommengsel bysit, hou die pot skuins en skep bietjie van die mengsel in die pot, draai dan die pot skuins na die ander kant en skep weer aan die ander kant van die roommengsel in, en beweeg die pot heen en weer sodat die sous kan meng, moenie te veel roer nie.
Bedien met rys of stysel van jou keuse.
Ek het The Wolftrap Syrah rooiwyn gebruik, maar gebruik een van jou keuse.
Heerlik verby!

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page