Your Recipe Blog

BEESVLEIS- EN KAASPASTEI

Recipe by
Cook: 30 - 40 minutes

BEESVLEIS- EN KAASPASTEI

“Steak and cheese pie…’n NZ classic (al stry die Aussies met ons hieroor!). Heerlik op ‘n koue wintersaand.”

  •  700 g beesskenkel, in blokkies gesny
  • 2 eetlepels koekmeel
  • olie vir vlakbraai
  • 1 ui, gekap
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 250 g sampioene, gesny
  • 1½ koppies wortel, gerasper
  • 500 ml beesekstrak
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • 2 teelepels suiker
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 1 teelepel vars tiemie
  • 1 teelepel paprika
  • sout en peper na smaak
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 100 ml water
  • gekoopte skilferkorsdeeg, uitgerol in twee velle
  • 2 koppies Cheddarkaas, gerasper
  • 1 eier, gemeng met 100 ml melk

Meng die vleis met meel, en braai in olie tot bruin. Skep uit.
Braai ui en knoffel in dieselfde pan vir vyf minute. Skep vleis terug, en voeg res van bestanddele (behalwe kaas en koekmeel) by.
Kook oor lae hitte vir agt ure, of totdat vleis heeltemal sag is.
Verdik met koekmeel, aangemaak met 100 ml water. Voeg by en kook deur vir twee minute.
Laat mengsel heeltemal afkoel.
Voer ‘n gesmeerde ronde pasteibak uit met een laag deeg. Skep koue vulsel bo-op. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bedek met tweede vel deeg.
Seël met ‘n vurk rondom, en verf met eier- en melkmengsel.
Bak 30 – 40 minute by 180 °C tot goudbruin.

Resep en fotos: Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page