BEESVLEIS EN BOTTERSKORSIE KERRIE
- 45 ml olyfolie
- 1 kg bees platrib stukkies
- 2 groot uie, gekap
- 7.5 ml borrie
- 20 ml kerriepoeier
- 30 ml bruinsuiker
- 500 ml beesvleis aftreksel
- sout en peper
- 5 ml vars tiemie
- 5 ml gemaalde koljander
- 2 groot aartappels, in blokkies
- 500 g botterskorsie blokkies
Verhit olyfolie en verbruin vleis.
Voeg uie by en soteer tot goudbruin.
Voeg borrie en kerrie by en braai 2 min.
Voeg suiker, aftreksel, geurmiddels en kruie by en prut 45 min of tot vleis sag is.
Voeg aartappels en botterskorsie by en prut nog 30 min tot sag.
Geniet saam met rys of stysel van jou keuse.
Resep en foto: Elsa van Antwerpen Kleinhans