BEESTONGLEKKERTE
Ek het nou die dag hierdie beestong gaar gemaak en soort van ‘n sult daarvan gemaak maar ek konnie ophou eet daaraan nie. Ek’t dit sommer netso opgeëet sonder om iets op te smeer of te dip. Hmmmmm djeeeeeeerlik.
- 1 beestong
- 3 koppies water
- 1 eetlepel Italiaanse kruie
- sout en peper na smaak
- 1 teelepel rissievlokkies
Kook die tong vir ten minste 3 ure in ‘n kastrol met die water in.
Na ‘n uur se stadige kook, trek die vel af en voeg die sout, peper, rissievlokkies en Itialiaansie kruie by.
Plaas die ontvelde tong terug en kook verder vir 2 ure.
Verwyder die tong na drie ure, laat dit afkoel, sny in dun skyfies en pak in ‘n glasbak.
Behou die sous waarin die tong gekook het.
- Gelatienmengsel :
- 2 eetlepels gelatienpoeier
- 250 ml warm water
Voeg die gelatien by die warm water en roer deeglik tot die poeier opgelos is (let wel die poeier word by die water gevoeg).
Meng die sous waarin die tong gekook het en die gelatienmengsel bymekaar (dit sal ± 750 ml tot 800 ml wees).
Giet hierdie mengsel oor die tongstukkies wat in die glasbak gepak is totdat die stukkies tong heeltemal bedek is.
Sodra dit heeltemal afgekoel het, plaas dit oornag in yskas om te stol.
Resep en foto: Gideon Louw
Delicious!