Your Recipe Blog

BEESTONG MET TUISGEMAAKTE MOSTERDSOUS

Recipe by

BEESTONG MET TUISGEMAAKTE MOSTERDSOUS

  • 1 beestong
  • 1 ui, opgesny
  • 2 wortels, grof gekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 3 lourierblare
  • 2 wonderpeperkorrels
  • 3 naeltjies
  • growwe sout en gemaalde swart peper
  • water

Plaas al die bestanddele vir die tong in ‘n pot en voeg genoeg water by om die tong te bedek.
Bring tot kookpunt en veminder hitte tot ‘n matige prut vir 3 uur.
Laat die tong effens afkoel in die pot.
Verwyder die vel van die tong en sny in skywe.
Bedien met ‘n tuisgemaakte mosterdsous.

  • Mosterdsous:
  • 240 ml suiker
  • 3 eiers
  • 100 ml wit asyn
  • 50-100 ml mosterdpoeier
  • 5 ml cayenne peper
  • sout
  • 5 ml maizena

Klits die bestanddele vir die sous saam tot ‘n gladde tekstuur.
Verhit oor matige hitte, maar moet nie dat dit kook nie.
Roer gereeld tot vereiste digtheid bereik is.
Laat afkoel, bottel en hou in yskas.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

One Review

  1. Jenny Malan

    ‘n Heerlike resep!! Die mosterdsous hou Baie goed in die yskas

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page