Your Recipe Blog

BEESSTERTSOP

Recipe by
Cook: +- 4 ure

BEESSTERTSOP

  • 800 g beesstertpunte
  • sout en peper, na smaak
  • 2 liter water
  • 2 vleisekstrak blokkies
  • 1 medium ui, gerasper
  • 6 wonderpeperkorrels (pimento)
  • 2 lourierblare
  • 2 naeltjies
  • 1 pakkie beesstert soppoeier
  • 1 liter water
  • 30 ml tamatiepuree
  • 5 ml marjolein
  • braaivleis speserye, na smaak
  • 6 klein worteltjies, gerasper
  • 1 groot aartappel, gerasper
  • 180 ml Sherry of Port

Geur die beesstertpunte met sout en peper na smaak.
Giet die 2 liter water in ‘n kastrol saam met die ekstrakblokkies, bring tot kookpunt en roer deur totdat die blokkies opgelos is.
Voeg die beesstert, gerasperde uie, wonderpeper, lourierblare en naeltjies in die pot by die water, bedek die pot en laat prut vir 2 ure.
Maak intussen die soppoeier aan met die 1 liter water en voeg die tamatiepuree, marjolein en braaivleis speserye by die sop en roer goed deur.
Voeg die sopmengsel, wortel en aartappel in die pot by die gekookte beesstert.
Geur met sout en peper indien nodig, voeg die Port of Sherry by en laat die sop prut vir nog ongeveer 2 ure of tot die beesstert sag is.
Indien die vog inhoud tydens die kookproses min raak, kan nog water bygevoeg word.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page