BEESSTERTPOTJIE
“Gebruik ‘n nommer 12 platboompot. Dit is Manlief se weergawe en ook die pot op die foto.”
- 3 kg beesstert
- 6 medium aartappels
- 3 wortels
- 3 groot uie
- 3 huisies knoffel
- 250 g gevriesde ertjies
- sout en swartpeper, na smaak
- Sous:
- 1 koppie rooiwyn
- 1 koppie port
- ½ koppie Worcestershiresous
- 1 klein bottel Mrs Balls gewone blatjang
- 2 blikke heel tamaties
- 2 koppies water
- 25 ml suiker
- bietjie olie
Verbruin uie in olie en skep uit. Braai die beesstert in die pot tot bruin. Sny die groente op. Pak die vleis, uie en groente in die pot, behalwe die ertjies. Giet die sous oor. Strooi die gevriesde ertjies na sowat vier ure bo-oor. Laat prut vir ‘n verdere 5 – 6 ure.
My weergawe:
“Gebruik ‘n nommer 10 platboompot. Dit werk lekker in my oond. Dis twee etes vir ons twee.
Bedien met stampmielies, rys of cous-cous.”
- 1 kg beesstert
- aartappels, wortels, uie – soveel soos wat die pot kan vat – deksel moet kan toe
- 1 blik heel tamaties
- 1 koppie rooiwyn
- sout en peper, na smaak
- bietjie suiker, na smaak
- blikkie ertjies (indien jy nie gevries het nie), opsioneel
- stampmielies, rys of cous-cous, as bygereg, vir opdien
Verbruin uie in olie en skep uit. Braai die beesstert in die pot tot bruin Voeg die uie en res van die bestanddele by (behalwe ertjies). Bak in ‘n voorafverhitte oond by 180 °C, vir sowat drie ure. Voeg die ertjies by. Bak vir ‘n verdere vier ure.
Resep en foto: Annelie Kruger