Your Recipe Blog

BEESSTERT MET GROENTE

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 4 ure | Servings: 16 etes

BEESSTERT MET GROENTE

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

  • 4 beessterte, afgewas in asyn
  • Meng die volgend saam en vryf in die vleis in:
  • 1 eetlepel gebreekte koljander
  • 1 eetlepel braai speserye
  • 1 eetlepel steak en tjops speserye
  • 1 eetlepel Aromat
  • Ekstra:
  • 2 eetlepels Worchestersous speserye of sout en pepper
  • 2 koppies rooiwyn
  • tiemie, roosmaryn en suurlemoen verbena takkies in ‘n bossie
  • ½ koppie water
  • olie vir braai
  • klein aartappeltjies, geskil
  • klein worteltjies
  • klein uitjies, skoon gemaak
  • mengsel van koekmeel en Bisto, om te verdik
  • Nadat die speserye deur die vleis gemeng is, braai die vleis in olie tot mooi bruin en skep in oondpan. Braai almal tot alles gebraai is.
  • Voeg die rooiwyn en ook jou bossie vars kruie, vas gemaak by asook die  water, maak toe met bakpapier en dan foelie, en sit in die oond vir ± 3 ure.
  • Voeg die klein aartappeltjies, worteltjies en klein uitjies, wat bietjie vooraf gekook is maar nie pap, by die beesstert en sit terug in die oond vir nog ± 1  uur.
  • Hou dop vir die sagtheid van groente en vleis, wanneer alles gaar en sag is, verdik sous met ‘n bietjie koekmeel en Bisto aangemaak met bietjie water.
  • Sit terug in die oond tot sous verdik het en alles lekker sag is.
  • Bedien met rys, gevulde skorsies  en ingelegde kwepers.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page