BEESSTERT IN ROOIWYN MET KLUITJIES
Ek het die resep al baie gemaak. Murgsag en geurig. Oorspronklike vir ‘n potjie buite op die vuur, maar werk ook in ‘n prutpot.
- Nommer 3 potjie
- 1.5 kg beesstert
- 30 ml koekmeel
- 30 ml olie
- 1 groot ui, grof gesny
- 1 heel naeltjie, gekneus
- 2 lourierblare
- 1 toontjie knoffel, fyn gedruk
- 10 ml sout
- varsgemaalde peper, na smaak
- 2 ml droeë roosmaryn of 10 ml vars roosmaryn
- 250 ml droë rooiwyn
- 250 ml goeie vleisaftreksel
- 2 preie, in stukke gesny
- 2 wortels, in stukke gesny
- 2 stingels seldery
Plaas die beesstert in ‘n plastiek sak saam die koekmeel en skud die beesstert totdat dit bedek is met ‘n lagie meel.
Plaas die potjie op die vuur en plaas die olie in die pot.
Braai die beesstert in die olie tot bruin.
Voeg die uie en knoffel by en braai tot deurskynend.
Voeg die lourierblare, sout, peper en roosmaryn by die vleis. Voeg verhitte wyn en vleisaftreksel by en prut stadig vir 2 – 3 ure tot sag. Voeg wyn of vleisaftreksel by soos nodig.
Voeg die preie, wortels en seldery by vir 15 – 20 min, 30 min as jy nie kluitjies byvoeg nie.
Voeg kluitjies by en kook vir 15 – 20 min.
Genoeg vir 6 – 8 gaste.
Prutpot aanpassing:
Al die groente word onder in die pot geplaas. Ek gebuik baba aartappels en groenbone by.
Dit is nie nodig om die vleis en uie te braai voor die tyd.
Plaas die beesstert op die groente.
Giet die verhitte wyn en vleisaftreksel oor en prut oor ‘n lae hitte vir 7 ure.
Voeg die kluitjies by en prut vir nog 1 uur.
- Kluitjies:
- 500 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 100 g botter
- yswater vir deeg
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vryf die botter in met jou vingers.
Voeg gemengde kruie, pieterselie of gerasperde kaas by vir ‘n variasie by die kluitjies.
Voeg die yswater geleidelik by om ‘n slap deeg te maak.
Skep lepels vol van die deeg in die warm beesstert pot en prut 15 min in die 3 poot pot of 60 min in prutpot.
Resep geplaas deur Louw LP Senior
Foto’s: Louw LP Senior