Your Recipe Blog

BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK

BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK

Resep: Carol Elliott Claassen
Foto: Rina Kleinhans

  • 1 kg beesstert
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 100 g wortel, blokkies gesny
  • 50 g uie, blokkies gesny
  • 50 g seldery, gekap
  • 2 koppies rooiwyn
  • 1 koppie port
  • 1 koppie sterk swart filterkoffie
  • 6 koppies beesvleisaftreksel (4 – 6 blokkies)
  • sout en peper
  • 1 elk lourierblaar, tiemie, pietersielie takkies of bouquet garni
  • Verbruin vleis in olie, haal dan uit en verbruin wortels , uie en seldery. Giet rooiwyn in pot en kook vinnig vir 10 minute.
  • Voeg dan aftreksel, koffie, port en beesstert by. Geur met sout, peper, en kruie.
  • Verlaag temperatuur en kook stadig vir 4-5 ure tot sag en van bene afval.
  • Bedien met kapokaartappels.
  • Nota:  Rina Kleinhans
    Dit is vingerlek lekker, ek sal dit beslis weer maak. Ek het net bietjie knoffel en rooi peppers bygesit, en het Maskadel in die plek van die port gebruik.
  • Ek sal dalk volgende keer my wortels eers bietjie eenkant kook en dit later bysit by die beesstert, net omdat hulle vir my baie donker raak in die sous, maar regtig ‘n resep om te probeer.
  • Ek het klein mielietjies vir die laaste rukkie saam gekook. Ek het The Wolftrap Syrah rooiwyn gebruik.
  • Nota en foto: Frances Smith
  • Het hierdie resep gister gemaak
    Het resep bietjie aangepas.
    Was 2.5 kg vleis en ongeveer 500 ml minder water.
    Bietjie meer seldery, wortels  en ek het klein mielies bygesit en opgedien met samp.
  • Vleis en groente aan bokant kom donker uit, miskien oor die koffie, het Douw Egberts gebruik.
    Het in oond gebak op so 80°C vir omtrent 8 – 10 ure.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page