Your Recipe Blog

BEESSTERT IN DIE STOOMPOT

Recipe by
| Servings: 6 - 8 porsies

BEESSTERT IN DIE STOOMPOT

  • 3 kg beesstert
  • 7 uie, in halwe ringe gesny
  • 6 eetlepels olyfolie
  • 2 eetlepels gemengde kruie
  • hoender spesery, na smaak
  • “six gun”, spesery na smaak
  • swart peper, na smaak
  • 2 beesstert aftrekselblokkies in 500 ml warmwater opgelos
  • 2 glase (500 ml) wit of rooi wyn
  • 6 eetlepels tamatiesous
  • 6 eetlepels Worcestershire sous
  • 200 ml blatjang
  • 300 g spruitkooltjies (brussel sprouts)
  • 200 g klein mielietjies
  • 350 g blomkool, opgebreek in blommetjies
  • 1 groot pak sampioene

Braai die uie in olyfolie in die stoompot tot bruin en voeg die vleis by, braai effens.
Voeg al die speserye by en braai tot die vleis mooi bruin is, voeg die ander bestanddele by, behalwe die groente en roer deur.
Stoom vir 45 min tot ‘n uur, voel dat jou vleis sag is. Voeg die groente by (jy kan enige groente gebruik) en stoom verder vir 5 min.
Bedien saam met rys, stampmielies, krummelpap of kapokaartappels.

Resep en foto: Marilise Peyper Pitzer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page