BEESSTERT IN DIE DRUKPOT
- ± 2 kg beesstert
- sout en peper, na smaak
- 1 koppie koekmeel
- olie, vir braai
- 2 medium uie, in ringe gesny
- ½ koppie rooiwyn
- 1 koppie water
- tiemie/roosmaryn/gemengde kruie, na smaak
- 4 wortels, gewas en opgesny
- 6 medium aartappels, geskil en in kwarte gesny
- 8 sampioene, heel of gehalveer
Verhit die olie in ‘n pan, braai die uie tot goudbruin en plaas eenkant.
Geur die beesstert met sout en peper en rol die vleis in die meel.
Braai die meelbedekte vleis in ‘n warm pan met olie tot bruin.
Plaas die beesstert, uie, kruie, nog sout en peper na smaak, die wyn en water in ‘n elektriese drukpot, moenie roer nie, plaas die deksel op en stel die pot vir 90 minute.
Voeg na die 90 minute die groente by en stoom ‘n verdere 20 minute.
Bedien op Basmati rys.
Resep en foto: Hannetjie Niewenhuizen Keet