BEESSTERT EN WATERBLOMMETJIE POTJIE
- 2 uie
- 2.5 ml mosterd saad
- 2 lourierblare
- 15 ml dijon mosterd
- 30 ml Worchestershire sous
- 200 ml rooiwyn
- 30 ml Worchestershire spice
- 60 ml tamatiepasta
- 2 knoffel huisies, gekap
- 3 beessterte
- 1 blik tamatie uie smoor
- 2 blikke waterblommetjies
- 6 medium aartappels
Braai vleis in pot en skep uit.
Braai uie tot sag, sit knoffel en speserye by. Sit vleis terug saam met een koppie water.
Prut stadig tot vleis sag is met deksel op. Voeg water by soos nodig.
Meng rooiwyn, mosterd, tamatie puree en smoor en sit by die vleis in die pot en prut 5 min.
Sit aartappel by en prut tot sag.
Voeg waterblommetjies by ( in die blikke klaar sag) laat saam warm word.
Bedien met rys of mielie gruis.
Resep en foto: Hendrik Markgraaff
Tweede foto: Adam Cloete