Your Recipe Blog

BEESSTERT- EN VOLSTRUISNEKPOT

Recipe by
Cook: 3-4 ure

BEESSTERT- EN VOLSTRUISNEKPOT

  • 450 g volstruisnek
  • 550 g beesstert
  • 1 ui, grof opgesny
  • 200 ml bier
  • 150 ml rooi nierboontjie sous uit die blik
  • 100 ml Port
  • 30 ml soetrissiesous
  • 1 groot knoffelhuisie, opgesny
  • 10 ml tamatiepasta
  • 8 wonderpeperkorrels (pimento`s)
  • 3 naeltjies
  • 1 lourierblaar
  • 5 ml rissievlokkies
  • sout en gemaalde swart peper
  • 20 klein worteltjies, skuins gehalveer
  • 6 klein aartappeltjies, in kwarte gesny

Bedek die bodem van ‘n pot met die gekapte uie.
Pak die beesstert- en volstruisneksnitte bo-op.
Maak die mengsel van bier, boontjiesous, port, soetrissiesous en tamatiepuree aan en giet bo-oor die vleissnitte.
Voeg die peperkorrels, naeltjies, rissievlokkies en gekapte knoffel by saam met die lourierblaar.
Sit in ‘n voorverhitte oond teen 180°C en laat prut vir 2 uur.
Voeg die gesnyde wortels by, bedek en laat prut ‘n verdere halfuur voor die aartappelkwarte bygevoeg word.
Laat prut vir nog ‘n uur teen 160°C.

Nota:
Bedien op rys en besprinkle met gremolata, opsioneel.
Gremolata is gekapte pietersielie, fyn gerasperde suurlemoenskil en fyngekapte knoffel saam gemeng.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page