Your Recipe Blog

BEESSKENKELBREDIE

BEESSKENKELBREDIE

“Bedien met rys, of ek het baba broodjies gebak, koppies afgesny, uitgehol, vleis met sous in geskep, die binneste brood het ons gebruik om in sous te doop.”

  • 2 kg ontbeende beesskenkel, in blokkies gesny
  • 2 uie, gesny
  • 4 medium aartappels, in kwarte gesny
  •  4 wortels, gesny
  • 3 blokkies Knorr beesblokkies, opgelos in kookwater
  • 1 suurlemoen se sap
  • 1½ eetlepels braaispeserye
  • 2 teelepels gebreekte koljander
  • 1 teelepel peper
  • koekmeel, om vleis in te rol
  • 3 teelepels koekmeel
  • 3 teelepels Bisto
  • 100 ml Worcestershiresous

Sprinkel die suurlemoensap oor die vleis.
Meng die braaispeserye, koljander en peper deeglik en sprinklel oor die vleis.
Rol die vleis nou in die koekmeel en braai dit mooi bruin.
Voeg die vleisaftreksel en uie by.
Kook tot vleis amper sag is.
Voeg die groente by, asook ekstra water en kook totdat die vleis sag is. Daar moet ‘n redelike hoeveelheid sous wees.
Meng die drie teelepels koekmeel en Bisto saam met ‘n bietjie water tot ‘n gladde pasta.
Voeg daar by die Worcestershiresous en ekstra smaakmiddels indien iets kort kom.
Ek het nie nog sout bygevoeg nie – die Knorr blokkies is nogal sout genoeg.
Voeg die Bistopasta by die vleis, en kook goed deur tot sous verdik.
Bedien volgens jou voorkeur.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5