Your Recipe Blog

BEESROL

Recipe by
Cook: ongeveer 2 ure

BEESROL

  • ± 900 g beesrol
  • olyf olie
  • knoffel, fyngekap
  • sout
  • peper
  • “Barbecue” speserye
  • paprika
  • uie
  • roosmaryn
  • sampioene, gekerf

Ek het beesrol uit yskas gehaal en gelaat tot kamertemperatuur. Ek het snytjies gemaak en gestop met knoffel. Die speserye gemeng met die olyf olie.
Die rol lekker daarmee ingevryf en in “cling wrap” toegedraai en laat staan vir so uur. Toe braai ek dit so bietjie in botter tot lekker bruin.
Sit die rol in ‘n oondpan saam met nog knoffel, uie en roosmayn en bedek met foelie. Het later sampioene bygesit.
Bak vir 2 ure by 180°C tot die vleis se gaarheid na smaak.

Resep en foto: Marina Dunn

Category:

2 Reviews

  1. Marnus

    ek wil die resep graag probeer, maar is een uur nie lank genoeg nie? en moet die foelie nie die laaste ruk verwyder word nie?

    • Hallo Marnus, ek stel voor mens toets maar na ‘n uur of die gaarheid vir jou reg is, baie mense eet hom heel gaar, ander hou van die rooi in die middel. Ek sou hom na ‘n uur maar toets.
      Toets maar met ‘n vleis termometer, 125grade is rear, so na 140 grade toe is medium en 160 is welldone.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page