Your Recipe Blog

BEESPENS (TRIPE) IN TAMATIESOUS

BEESPENS (TRIPE) IN TAMATIESOUS

  • 1 kg beespens (afval)
  • olie om in te braai
  • 1 groot ui
  • 2 stingels tafelseldery
  • 2 wortels
  • 2 knoffelhuisies
  • 1 teelepel basiliekruid
  • 1 teelepel oreganum
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 1 eetlepel tamatiepasta
  • sout en peper na smaak
  • 1 eetlepel suiker
  • ½ koppie rooiwyn
  • ½ koppie water
  • 1 blokkie beesekstrak
  • 60 g Parmesankaas, meer of minder volgens jou smaak

Spoel die beespens deeglik af en sny in repe van ongeveer 8 x 2 cm.
Plaas in ‘n kastrol en bedek met koue water.
Bring tot kookpunt en dreineer.
Bedek weer met water, bring tot kookpunt en kook vir ongeveer 1 uur tot sag en dreineer.
Verhit die olie in ‘n kastrol en roerbraai die gekapte ui, gekapte wortels en seldery tot die ui sag is.
Voeg die fyngemaakte knoffel, basiliekruid en oreganum by en roer goed deur.  Kook vir ongeveer 3 minute.
Voeg die tamaties by die inhoud van die kastrol, saam met die beespens, tamatiepasta, sout, peper en suiker.
Meng goed en kook vir nog 5 minute.
Voeg die wyn, water en gekrummelde ekstrak blokkie by en bring weer tot kookpunt.
Verwyder van die hitte en skep die mengsel in ‘n oondbak.
Bedek en bak in ‘n medium oond (180ºC) vir 30 minute.
Roer die Parmesankaas daarin of bedien dit apart saam met die gereg.
Bedien met rys, pasta of krummelpap

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page