BEESLEWERSOSATIES
-
ongeveer 1,2 kg vars beeslewer (skoongemaak, velle ens. verwyder)
-
1 groot geel of groen pepper
-
3 medium wit uie
-
1 medium blik pynappelringe (vars pynappel maak vleis meelerig)
- Ina Paarman garlic pepper sout
- asyn /marinade/ bbq sous
Sny als in blokkies en ryg aan sosatiestokkies. Begin en eindig met groente, die lewer kan afgly.
Geur met Ina Paarman Garlic Pepper sout (na smaak) en bedruip met asyn voor dit gebraai word, of smeer marinade of barbeque sous van jou keuse op sodra dit amper gaar is.
Indien dit in ‘n pan op die stoof gemaak word, bedien met kapokaartappels en gemengde groente, vars broodrolletjies of slaai van jou keuse.
Resep en foto: Christelle Van Rooyen
Category: