BEESLEWERKOEKIES
- 1 kg gemaalde beeslewer
- 4 groot aartappels
- 2 uie
- 2 eetlepels asyn
- 1 koppie koekmeel
- 2 eiers
- 6 teelepels bakpoeier
- sout en peper na smaak
- olie vir braai
Sif koekmeel en bakpoeier saam.
Rasper aartappels en uie.
Meng al die bestanddele saam.
Vorm koekies en bak in olie tot bruin en gaar.
Nota:
Vries baie goed.
Resep: Yvonne De Wet Porteous
Foto: Johan Delport
Category: