Your Recipe Blog

BEES “RUMP” KEBABS

Avatar photo
Recipe by
2 dae

BEES “RUMP” KEBABS

  • ± 700 g rump, in blokkies
  • 100 g varkspek, in blokkies
  • Marinade:
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • ± 2 cm stukkie vars gemmer, gerasper
  • 2 eetlepels olie
  • ¼ koppie suurlemoensap
  • 1 teelepel gerasperde suurlemoen skil
  • 2 eetlepels bruin suiker
  • 1 eetlepel soja sous
  • 1 teelepel borrie
  • 1 teelepel kerriepoeier
  • 1 teelepel fyn komyn
  • 1 teelepel fyn koljander
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • peper
  • Vir sosaties:
  • rooi of geel soetrissie in blokkies
  • klein uitjies

Meng al die marinade bestanddele saam, en plaas die blokkies vleis daarin.  Plaas in ‘n bak wat seël en sit in die yskas.  Roer so nou en dan die blokkies om. Marineer vleis vir so twee dae.
Ryg in sosatie stokkies afwisselend met rooi of geel soetrissies en klein uitjies.
Rooster oor kole en bedien saam grondboontjiebottersous.

  • Grondboontjiebottersous:
  • 80 ml grondboontjiebotter
  • 400 ml klappermelk
  • 1 knoffelhuisie, fyn
  • 1 groen sterk rissie, gekap
  • 2 teelepels fyn gerasperde fyn gemmer
  • 1 eetlepel lemmetjie sap

Plaas al die sous bestanddele saam in ‘n pot en prut vir so drie min.
Hierdie is my eie resep.

Resep en foto: Martie Fourie Moolman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page