BEES ROOSTERROL
Ek het die gemaak vir Kersdag. Was heerlik.
- 2 kg bees roosterrol, klaar gegeur gekoop met peper en mosterdkorrels
- 2 beesvleis sousblokkies
- 500 ml kookwater
- 250 ml Jimmy sous
- 5 ml komyn
- 20 ml “six gun” speserye
Voorverhit oond op 180º C.
Sit beesrol in kassorel met deksel.
Los die bees sousblokkies op in die 500 ml kookwater.
Giet die beesblokkiemengsel oor die beesrol.
Sit deksel op en bak vir 2 ure.
Haal uit oond en laat bietjie afkoel.
Plaas die sous waar in die rol gekook is, in ‘n 500 ml houer.
Voeg die Jimmysous “six gun” speserye en komyn by, roer deur en kook in mikrogolf tot warm.
Sny rol in dun skywe so 3 mm. Plaas in ‘n mooi oondvaste bak en skep die sous oor.
Net voor opdiening sit met sous en al in die oond en verhit op 100º C.
Die sous verhoed dat die beesvleis nie uitdroog nie.
Resep en foto: Meisie van der Colff