BEES KORTRIB WATERBLOMMETJIEBREDIE
- 1 kg waterblommetjies, week oornag in sterk soutwater, spoel goed af onder lopende water en dreineer goed
- 1 – 1,5 kg bees kortrib opgesny- ‘n vetjie aan die rib is goed
- 4 – 6 klein aartappels, in die mikrogolf op hoog vir 6 min tot halfpad gaar
- 2 pers uie, in blokkies sny
- 1 teelepel braaivleis speserye
- 1 teelepel swart peper
- 1 teelepel sout
- 1 eetlepel Jalapeno Relish en of 1 teelepel fyn knoffel gemmer chilli mengsel
- 1 eetlepel “Cranberry Oil free Dressing” (Woolworth’s)
- 250 ml vars room
- ½ geel en rooi soetrissie, in blokkies gesny
Skep die blommetjies in ‘n ‘n bak en bedek met kookwater.
Braai die vleis in botter in die drukkoker tot goudbruin, skep uit en hou eenkant saam met die vleissous.
Braai die uie en speserye tot halpad ge-karamaliseer.
Skep die vleis, sous, aartappels by die uie en speserye met die waterblommetjies bo-op.
Kook vir 40 min tot die blommetjies gaar, maar steeds ferm is.
Roer eenmaal saggies deur sonder om die aartappels, vleis of blommetjies te breek.
Kook vir nog 15 min, sprinkel geel en rooi soetrissie oor – bedien op Basmati rys.
Resep en foto: Jan Salti Viljoen