Your Recipe Blog

BEES FILLET MET BLOMKOOL PUREE

BEES FILLET MET BLOMKOOL PUREE

Gebraaide babawortels, aspersies en eksotiese sampioene, Wasabi room en rooiwyn reduksie.

  • Vir die blomkool puree:
  • 1 groot blomkool kop
  • 500 ml melk
  • sout
  • tiemie, vars takkie

Kook saam tot blomkool sag is. Dreineer en haal tiemie tak uit.
Blits in voedselverwerker. Werk dit deur ‘n sif tot puree. Bêre eenkant.

  • Vir wasabi room:
  • 1 eetlepel wasabi paste
  • 250 ml suurroom
  • 80 ml vars room

Meng bestanddele saam en sit in ‘n spuitbottel.

  • Rooiwyn reduksie:
  • 350 ml rooiwyn
  • 350 ml port
  • 2 lourierblare
  • 5 peperkorrels
  • tiemie – vars takkies
  • 1.5 liter beesaftreksel
  • 1 ui, grof gekap

Braai ui in olyfolie tot deurskynend.
Voeg rooiwyn, port, lourierblare, peperkorrels en tiemie by.
Kook af tot mengsel met helfte verminder het.
Voeg aftreksel by en kook weer af tot mengsel met helfte verminder het.
Giet mengsel deur ‘n sif en gooi terug in die pot. Sit 1 eetlepel egte botter by en roer deur.

  • Vir die groente:
  • babawortels
  • baba aspersies
  • pak eksotiese sampioene
  • egte botter
  • olyfolie

Braai groente apart in ‘n bietjie botter en olyfolie. Skep uit en bêre eenkant.

  • Vir die bees fillet:
    Sny fillet in 6 cm skywe.
    Smeer met bietjie olyfolie. Vryf met gerookte Maldon sout en growwe peper.
    Braai in ‘n pan tot al die kante geseël is.
    Plaas in ‘n oondpan in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir sowat 8 – 9 minute.
    Haal uit en laat dit rus vir sowat 7 minute.

Om te bedien:
Smeer blomkool puree op bord. Plaas fillet bo-op, en rangskik groente soos verkies.
Spuit van die wasabi room op die bord. Bedien saam met rooiwyn reduksie. Garneer met eetbare blommetjies.

Resep geplaas deur Charleen Nieuwenhuizen
Foto: Charleen Nieuwenhuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page