Your Recipe Blog

BEES- EN GUINNESS BIERBREDIE

BEES- EN GUINNESS BIERBREDIE

  • 4 repe spek, in blokkies gesny
  • 1½ kg stowe beesvleis
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel peper
  • 2 uie, grof gekap
  • 2 eetlepels knoffel
  • 1 blik Guinness bier
  • ¼ koppie tamatiepasta
  • 3 wortels, in dik skywe gesny
  • 2 seldery stingels, in dik skywe gesny
  • 4 takkies tiemie
  • 1 teelepel witsuiker
  • 2½ koppies hoender aftreksel

Braai spek teen medium hitte in ‘n pan tot bruin, skep uit en hou eenkant, behou die spekvet.
Strooi sout en peper oor die vleisblokkies en braai tot bruin in die spekvet, moenie die pan oor vol maak nie, braai eerder in sarsies.
Plaas die vleis en spek in ‘n kastrol.
Braai uie in die spekvet tot sag en effe verbruin (ongeveer 8 minute), voeg die knoffel by.
Giet bier by die uie en knoffel, terwyl jy deurgaans roer om te verhoed dat dit aanbrand.
Voeg die uie en bier by die vleis in die kastrol en geur met sout, peper en tamatie pasta.
Meng goed en voeg dan die suiker, wortels, seldery en tiemie by.
Voeg genoeg hoenderaftreksel by om die bestanddele te bedek en prut met die deksel op oor lae hitte vir ongeveer 2 – 3 ure, tot die vleis sag is.
Wanneer die vleis sag is, verwyder die deksel van die kastrol en bring tot kookpunt teen matige hitte.
Kook vir 15 tot 20 minute om die sous te verdik.
Verwyder die tiemie takkies en pas sout en peper aan na smaak.

Resep en Foto: Elize Campher

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5