Your Recipe Blog

“BEEF STROGANOFF” MET LASAGNE VELLE

Recipe by
Cook: 10 minute | Servings: 3 - 4 porsies

“BEEF STROGANOFF” MET LASAGNE VELLE

  • 1 ui, fyn repies gesny
  • ¼ elk rooi en geel soetrissie, fyn repies gesny
  • 7 sampioene, dun repies gesny
  • 450 g beesvleis repies
  • “Sixgun grill” speserye na smaak
  • 2 teelepels paprika
  • Worcestersous na smaak
  • 2 teelepels gerookte paprika
  • 2 teelepels wit uiesoppoeier
  • 2 teelepels room sampioensoppoeier
  • 1 koppie water
  • 3 – 5 eetlepels ongegeurde jogurt
  • 1 pak spinasie lasagne velle

Vir die pasta:
Plaas die lasagne velle in ‘n enkellaag in ‘n diep bak en giet warm water oor die velle. Laat die lasagne velle week vir 20 minute tot sag.
Verwyder die lasagne velle uit die water en sny die velle in tagliatelle repe of so dik soos verkies.
Kook die repies pasta in ‘n pot met gesoute kookwater vir 5 minute.
Verwyder die pasta van die kookwater en plaas dit eenkant totdat vleismengsel gereed is.

Vir die stroganoff:
Braai die uie, soetrissie, sout en peper in ‘n pan met bietjie olie op die stoof tot sag.
Verwyder die uiemengsel uit die pan en braai die sampioene in dieselfde pan tot bruin.
Verwyder die sampioene uit die pan en braai die vleisrepies met die “Sixgun grill” speserye, gewone paprika en paar druppels Worcestersous tot gaar.
Voeg die groente en gerookte paprika by die vleis en meng deur.
Meng die soppoeier met die water en voeg die jogurt by die sopmengsel om ‘n lekker langsous te maak en voeg die sopmengsel by die vleismengsel in die pan.
Prut die vleismengsel vir 10 minute.
Voeg die gekookte pasta by die vleismengsel en laat staan die stroganoff vir 10 minute voor opdiening.

Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page