BEAN SE PIESANGBROOD
Ek het al vele verskillende resepte probeer en hierdie een van my vriendin is na vandag ons gunsteling.
- 130 ml sagte botter
- 160 ml suiker
- 2 eiers
- 4 ryp piesangs
- 15 ml suurlemoensap
- 430 ml koekmeel
- 2 ml sout
- 5 ml koeksoda
- 30 ml melk
Verhit oond tot 180 ºC.
Room botter en suiker saam.
Voeg eiers een vir een by en klits tot romerig.
Verpulp piesangs in voedselverwerker en voeg suurlemoensap by.
Voeg by bottermengsel.
Sif droë bestanddele saam en voeg om beurt saam met melk by bottermengsel.
Meng alles goed saam en skep in voorbereide broodpan.
Meng alles goed saam en skep in voorbereide broodpan.
Bak vir een uur of tot toetspen skoon uitkom.
Foto: Odehlia Engelbrecht
Resep geplaas deur Odehlia Engelbrecht – Vriendin Bean
Category: