BBQ SPEK EN HOENDER WRAP
Geen spesifieke resep nie.
- gaar, oorskiet roast chicken, gekap
- paar repies gaar gestreepte spek, gekap (hou ‘n paar repies heel)
- mayonnaise
- 1 – 2 eetlepels lekker BBQ sous
- repies groente na smaak (komkommer is baie lekker)
- gemengde slaai blare
- bietjie ekstra mayonaisse
- “flour wraps”
Meng hoender en gekapte spek saam met mayonnaise tot goed gemeng.
Roer BBQ sous in tot goed gemeng.
Plaas wraps op werks oppervlak. Smeer goed met mayonaisse.
Plaas gemengde slaaiblare so 3 kwart oor wrap.
Plaas 2 of 3 repies gaar gestreepte spek bo-op dit.
Skep spek en hoender mengsel bo-op dit.
Plaas jou repies groente bo-op dit.
Rol wrap op en sny in helfte.
Ideaal vir die lekker warm somer dae wat hier is, en ‘n lekker, maklike manier om van gaar hoender gebruik te maak! Bon Apetit!
Resep en foto: Johann Becker