Your Recipe Blog

BBQ HOENDERFILLETTE IN DIE OOND

BBQ HOENDERFILLETTE IN DIE OOND

  • 4 groot hoenderfillette (werk met hoenderstukke of varktjops ook)
  • 6 aartappels, gewas en gesny in 4 – 5 mm rondings
  • olie, sout, peper
  • Soussmeer:
  • 1 teelepel Worcestersous
  • 1 eetlepel soyasous
  • 2 eetlepel asyn
  • 2 eetlepel suiker
  • 2 eetlepel tamatiesous
  • 1 eetlepel olie
  • knoffel en kruie of BBQ spesery

Stel oond op 220˚C.
Meng aartappels met olie, sout en peper en plaas enkellaag in oondbak en bedek met foelie.
Bak in oond vir 15 – 20minute.
Haal uit en verwyder foelie.
Meng smeerbestanddele goed en smeer helfte oor vleis.
Skuif aartappels na buiterand en plaas hoender in middel van die oondbak.
Sit terug in oond vir so 15 – 20 minute.
Haal uit en draai vleis om en smeer met res van marinade.
Stel oond op grill en braai nog 10 minute of mooi gekaramaliseer.

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5